-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Die dorp se inwoners is besig om verantwoordelikheid vir hul dorp te neem en het onlangs saamgewerk om dele van die dorp op te gradeer en parke op te knap.
Die “Mokopane in Krisis” projek is onlangs deur die Mokopane Besigheidskamer geloods na die werkers van die Mogalakwena munisipaliteit gestaak het en daar geen dienste aan inwoners gelewer is nie. Nadat die noodsaaklike dienste deur die gemeenskap en sakelui self onder die faandel van hierdie projek gelewer is, het die besigheidskamer die geld wat na die oorgebly het aangewend om die dorp se vervalle parke op te knap.
Wyk 31 en 32 se raadslede, Yolandi Coetzee en Korny Dekker, het verf geskenk om vyf parke se speeltoerusting mooi helder te verf, terwyl Yolande onderneem het om die swaaie se sitplekke heel te maak.
Die Adopt-a-Spot veldtog was oorspronklik ‘n Mogalakwena Munisipaliteit veldtog om besighede en inwoners aan te moedig om eienaarskap van sekere areas in die dorp te neem. Verskeie instansies het al ingespring en begin om vervalle areas skoon te maak en te herwin tot voordeel van die hele dorp en gemeenskap.
Ander individue en besighede wat ook aan die Adopt-a-Spot veldtog deelneem en areas aangeneem het, sluit onder meer in:
- Steven le Roux wat die Slegtkamp Sirkel se parkie aangeneem het.
- Educor wat sal waak oor Bokkedorp se parkie.
- Die Waterberg Christen Sentrum wat beide ingange van die dorp behartig.
- Silverfern wat die verkeersirkel in Pretoriusstraat onderhou asook die ingang na Chroompark op die hoek van Thabo Mbeki en JG Strydom.
- MGM Motors wat die onderhoud op die hoek van Dudu Madisha en Nelson Mandela Rylaan behartig.
- Potties Paints het verf geborg vir die park in Kerk straat.
- Destiny Alive knap die suidelike blok van Geyserstraat tussen Thabo Mbeki en Hoogestraat op oorkant die Mokopane Laerskool.
0 Comments