<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Massering met ‘n glibberige verskil

 

  Michelle Cilliers geniet haar slang massering.

News : 20 Jul 2016 223 Viewed By Martie Le Grange 0

LEPHALALE – Feesgangers wat moeggeloop was by die Bosveldfees kon hierdie jaar vir die eerste keer ‘n bietjie gaan rus vir ‘n heerlike massering met ‘n verskil wat beslis nie vir sissies bedoel is nie.
Marius Koekemoer van Reptile Rescue het sy slange gereed gehad om al die pyne en skete weg te masseer. “Hierdie is ‘n gewilde masseer tegniek oorsee omdat die slange se spierbeweging saam met die persoon wie gemasseer word se spiere beweeg en die hanteerder die slange se beweging kan manipuleer.”
Die unieke massering het gesorg vir baie voete by Marius se stalletjie en met Noordelike Nuus se besoek het Marius se vrou, Anneke, so ‘n bietjie gaan lê om die slange se vaardighede te demonstreer. “Ek sukkel baie met laer rugpyn en die slange help beslis om my spiere te ontspan na ‘n lang dag,” het Anneke gesê terwyl die eksotiese luislange oor haar rug wriemel.
Die slange word een vir een op die Anneke se rug neergesit terwyl Marius hulle rondskuif. “Daar is geen risiko vir die persoon wie die massering ontvang nie omdat die kliënt stil lê en die hanteerder die persoon is wie die slange rondbeweeg. Daar is wel ‘n risiko dat een van die slange van die masseer tafel kan afval en dalk inwendig kan seer kry,” gesels Marius.
Voordat Marius besluit het om die masserings aan te bied het hy eers navorsing daaroor gedoen. “My slange is almal gewoond aan hantering en kliënte hoef glad nie bang te wees dat iets kan skeefloop nie.”
Marius en Anneke dink daaraan om die masserings ‘n permanente deel van Reptile Rescue se dienste te maak. “In die winter is ons nie so baie besig nie omdat daar minder slange is wat ons ‘n kans sal gee om op die masserings te konsentreer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube