-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Die bedrogsaak teen ’n voormalige juwelier wat glo juweliersware van verskeie kliënte geneem het en nooit terugbesorg het nie, het gister vir die tweede keer in die Mokopane streekhof voorgekom. Die beskuldigde sou na verwagting pleit maar daar is beswaar aangeteken.
Die beskuldigde is ‘n jong vrou wat teregstaan op 12 aanklagte wat verband hou met die verdwyning van juwele ter waarde van sowat R500 000. Die saak is gister (Donderdag) vir die tweede keer deur regter Gerhard Pretorius gehoor nadat dit onlangs uitgestel is.
Die beskuldigde wat na verwagting sou pleit, se regsverteenwoordiger, Nicky Bosman het beswaar aangeteken teen die klagstaat wat uitgelees is. Bosman het aangevoer in die klagstaat is dit nie duidelik of die beweerde deposito’s wat destyds deur die beskuldigde ontvang is vervreem is en of die items (juweliersware) wat sy ontvang het vervreem is nie.
Die vrou is reeds in 2014 deur verskeie kliënte van bedrog beskuldig na bewerings dat hulle juweliersware skoonveld verdwyn het nadat dit by haar destydse juwelierswinkel ingegee is.
0 Comments