<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Lulu se hartkloppie

 

Llewellynn Quick (7)

News : 27 Jul 2016 2216 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Soms slaan die lewe mens ‘n uitklophou en dan is daar baie vrae oor die redes waarom sekere dinge gebeur, maar die Schutte-gesin het besluit dat hul dogter se mediese toestand hulle nie gaan onder kry nie.
Llewellynn Quick (7), wat sommer net Lulu genoem word deur haar familie en maatjies, is ‘n lewenslustige leerder by Laerskool Bosveld Primary.
Op 24 Junie is hierdie klein mensie met atrio ventricular septale defek (AVSD) gediagnoseer. “Dit beteken dat haar hartjie net drie hartkamers het pleks van vier en dit veroorsaak dat te veel suurstofryke bloed in haar hart ingaan en te min uitgaan,” verduidelik haar ma, Clarice Schutte, waar sy saam met haar man, Willie, in hul sitkamer sit.
Lulu moet dringend ‘n ope hart operasie ondergaan om haar derde hartkamer te verdeel. “Sy het ook ‘n probleem met een hartklep en volgens haar dokter is die are na en van haar longe ook ‘n probleem.”
Lulu se hartprobleme is gediagnoseer nadat sy vroeër die jaar  by die Mediclinic in Lephalale opgeneem is omdat sy baie hoë koors gehad het. “Die ongevalle dokter het na haar hartjie geluister en gesê daar is iets fout. Ons het haar toe na ons huisdokter geneem wie haar na ‘n pediater verwys het.”
Die pediater het vir die gesin gesê dat dit net ‘n hart kleppie kan wees. Lulu moes daarna ‘n hartsonar by Die Wilgers hospitaal ondergaan voordat sy weer terug is na die pediater. “Die pediater het vir ons gesê dat ons dadelik ‘n pediatriese kardioloog by Unitas hospitaal moet gaan sien en nadat sy weer ‘n sonar gedoen het het hulle Lulu getuur vir 'n hart skandering wat deur die kardiotorakale chirurg ontleed is.”
Die pediatriese kardioloog het Lulu met AVSD gediagnoseer en ook vir haar ouers gesê dat sy ‘n baie seldsame toestand genaamd abdominale situs inversus het. “Al haar ingewande vanaf die mantelvlies sit aan die teenoorgestelde kant en is ‘n spieëlbeeld van ‘n normale persoon se organe.”
Abdominale situs inversus kom slegs by 0.01% van mense in die Westerse wêreld voor en daar is min teorieë oor wat dit veroorsaak.  Daar kan heelwat meer sulke gevalle wees maar dit word slegs gediagnoseer met behulp van gespesialiseerde skanderings.  Hierdie toestand kan voorkom in gevalle soos spieëlbeeld tweelinge. 
Lulu moet op 6 September gaan vir haar ope hart operasie. “Ons het baie navorsing oor die operasie gedoen en het ook met ander pasiënte se ouers gesels en voel tevrede dat ons die regte besluit vir ons dogtertjie gemaak het.”
Lulu is een van die gelukkige persone wat vroeg genoeg gediagnoseer is met ‘n hartprobleem. “Sy is ‘n baie aktiewe kind en as ons nie nou die probleem opgetel het nie is die kanse goed dat sy eendag op die sportveld inmekaar sou sak.”
Intussen maak die gesin hulself gereed vir die groot dag. “Ons weet dat sy vir ses tot agt weke nie sal kan beweeg nie en sy sal ook nie kan skool toe gaan nie, maar sy is ‘n sterk kind en is baie geseënd om die beste onderwyseres te hê wie haar ten volle ondersteun.”
Clarice het ook met van haar ou vriende, die groep Touch of Class, kontak gemaak en hulle gaan ‘n optrede ten bate van Lulu se mediese kostes in Lephalale kom hou. “Hulle het dadelik ingestem om op 27 Augustus by Laerskool Bosveld Primary  vir ons ‘n konsert te hou omdat die dokters ons daarop voorberei het dat die operasie en die daaropvolgende behandeling baie duur gaan wees.”
Tans is daar geen bevestigde bedrag vir die onkoste van die prosedure nié aangesien daar soveel spesialiste en addisionele mediese personeel betrokke is.
Enigiemand wat by die fondsinsameling betrokke wil raak is welkom om in kontak te kom met :
Annemie Breedt: 073 822 5890, Clarice: 079 358 8837, Lizette Perrier: 082 857 3559 of ‘n epos te stuur aan lulusehartklop@gmail.com of op hul Facebookblad, Ondersteuners vir Lulu se hartklop, te gaan loer.
Bank besonderhede: Llewellynn Quick. FNB Youth. Rekening nr: 62623350311. Takkode: 250655.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube