-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Volgens die Lephalale polisie is huisbrake steeds ‘n groot probleem met ‘n toename van 27,8% in gevalle wat aangemeld is in 2016 teenoor verlede jaar.
“Die probleem is wydverspreid, maar die meeste gevalle in Onverwacht het in Suikerbos-, Groenkloof, Doringlaagte- en Snuifpeulstraat voorgekom, terwyl George Avgos-, Gompou-, Kerk- en Ellisstraat in die onderdorp erg deurgeloop het,” het sersant Precious Munyai by ‘n onlangse gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) vergadering gesê.
Lofty Fourie, wie ingestaan het vir die GPF voorsitter (Thys Eloff), het gemeenskapslede aangemoedig om betrokke te raak by inisiatiewe om hul omgewing te beveilig.
Volgens Fourie is daar ‘n Whatsapp groep vir mense in die Kerkstraat omgewing waardeur inwoners mekaar in kennis stel wanneer hulle iets agterdogtig opmerk. “Die huisbraak probleem is ‘n tameletjie wat net opgelos kan word as ons saamstaan en wys dat ons ‘n gemeenskaplike front teen wetteloosheid is.”
0 Comments