-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Tydens ‘n Gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) vergadering verlede Donderdag is inwoners daarteen gewaarsku om sommer enigiemand van die straat af te kry om los werkies in en om hul huise te doen.
Volgens sersant Paul Mocheko van die Lephalale polisie is dit die gulde geleentheid vir misdadigers om te kyk hoe die sekuriteit by ‘n huis lyk en ook waar daar moontlike plekke kan wees om toegang tot die perseel te verkry.
“Dit is belangrik om ‘n afskrif van die identiteitsdokument van enigiemand te kry wat werk by jou huis doen sodat jy kan verseker dat hulle opgespoor kan word indien daar wel ‘n inbraak of ander misdaad by die huis plaasvind.”
0 Comments