-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Danksy die onmiddellike optrede van Wyk 31 raadslid, Yolande Coetzee en die hulp van Fauna en Flora en buurtwag lede van die dorp is boom stropers in Fourie straat streng aangespreek en in hul spore gestuit.
Coetzee wat aanvanklik deur die stoeiklub se opsigter genader is oor dié probleem sê die party is ernstig om boomstropery hok te slaan. Hulle gaan voortaan die stropery streng aanspreek en daadwerklik optree
teenoor oortreders wat die natuur beskadig.
Stropery en klagtes oor stropery het tot onlangs op dowe ore geval en is nie ernstig opgeneem nie.
“Ons gaan sovêr ons kan, probeer om ons dorp se natuurskoon ten alle koste te
bewaar,” sê Coetzee.
0 Comments