<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gemeenskap vorder met park

 
News : 19 Aug 2016 638 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE – Om verantwoordelikheid te neem vir die gemeenskap waarin ons woon is belangrik. Destiny Alive het vroeër die jaar afgeskop met die bou van ’n speelparkie oorkant Mokopane Laerskool op die hoek van Hooge- en Geyserstraat.
Toestemming is verkry om die grond, wat aan die departement van openbare werke behoort, te omskep in ’n speelarea. In die afgelope jaar is drie kinders deur motors raakgery in die gebied en daar is besluit om kinders en motoriste te beveilig deur die area mooi te omhein en klim en speeltoerusting daar te sit.
Destiny Alive bedank ook vir SupaQuick vir die onlangse bande skenking wat gebruik sal word om die speelarea verder uit te brei. Conrad Meyer het die ou palmbone afgesny.
Vyf Graad 10 seuns van Hoërskool Piet Potgieter het onlangs met Destiny Alive kontak gemaak om as deel van hul Lewensoriëntering Ubuntu-projek van hulp te wees. Dinsdag het Johan Strauss, Jandré Jooste, Franco Vos, Tegue Morrison en Jason van Niekerk ingespring, verf gekoop en solank die glyplank oorgeverf.  “Hulle was beïndruk met hoeveel werk daar gedoen is,” sê Estelle Strauss, Johan se ma. “Hulle het besluit om die parkie deel van hul Ubuntu projek te maak.”
Destiny Alive vergader weer op 20 Augustus by die speelarea waar hulle die parkie sal skoonmaak, nog verfwerk en opknapping sal doen soos nodig. Vetplantjies en emalje verf word benodig vir die verf van die bande en klimrame. Die hele gemeenskap is welkom om te kom hand bysit. Individue en skole wat wil hand bysit en met die gemeenskap as geheel saam wil werk kan met Charmaine O’Kennedy kontak maak by  076 872 1324.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube