<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Op heterdaad betrap!

 

Cas Badenhorst, Hoërskool Piet Potgieter se hoof wys na die stukkende venster waarby daar Sondagmiddag ingebreek is.

News : 19 Aug 2016 438 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – ’n Vermeende boef is Sondagmiddag in een van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se kantore vasgetrek waar hy probeer wegkruip het nadat hy glo by die skoolhoof se kantoor ingebreek en rekenaars probeer steel het.
Waarnemende skoolhoof, Cas Badenhorst, is ontevrede nadat die polisie die verdagte slegs van “poging tot diefstal” aangekla het en nie vir diefstal nie. Hy sê die dief gaan waarskynlik vrygelaat word.
Die man in sy laat 20’s of vroeë 30’s het in ’n kantoor by HPP onder die lessenaar probeer wegkruip minute nadat die skool se sekuriteitsmaatskappy, Suricat, gaan ondersoek instel het omdat die gebou se alarm afgegaan het.
’n Groot venster is met ’n yster stukkend geslaan, waarna die verdagte toegang verkry het en toe glo ’n draad van die alarmstelsel geknip het. Die inbreker het twee van die skool se rekenaars ontkoppel en dit by die venster gesit waar hy ingebreek het, vermoedelik omdat hy van plan was dit weg te dra.
Badenhorst sê hy is baie beïndruk met Suricat se flink optrede en bedank hulle daarvoor.
Die polisie se woordvoerder, sersant Irene Masingi het aan Noordelike Nuus gesê die klag teen die oortreder is huisbraak met die voorneme om te steel.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube