<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rowers vlug met duisende rande

 
News : 26 Aug 2016 407 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Twee gewapende rowers word deur die polisie gesoek nadat hulle Maandagoggend op ’n bekende meulenaarskantoor toegeslaan en meer as R145 000 geroof het.
“Twee mans het ons kantoor binnegekom en hulleself as kliënte voorgedoen. Hulle het skielik vuurwapens uitgeruk en ons beveel om plat op die vloer te lê terwyl hulle ons deursoek, ons van ons selfone beroof en kontant uit die kluis
gesteel het.” So sê die steeds verslae bestuurder wat nie sy naam wil noem nie omdat hy die onderneming se identiteit wil beskerm. Hy is dankbaar dat niemand in die voorval beseer is nie, alhoewel een van die werknemers nie Dinsdag by die werk was nie omdat sy aan skok ly.
Die rowers is deur ’n donkerblou Volkswagen Golf buite die perseel opgelaai en het op die vlug geslaan. Niemand is teen druktyd in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die voorval.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube