<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Fondse benodig om Lulu te help

 
News : 26 Aug 2016 250 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Die fondsin-sameling vir Llewellyn Quick (of sommer Lulu soos haar familie en maatjies haar noem), die sewejarige leerder by Laerskool Bosveld wie met atrio ventricular septale defek (AVSD) gediagnoseer is, vorder goed.
Lulu moet ‘n hartoperasie ondergaan omdat haar hart net drie hartkamers het pleks van vier wat beteken dat daar te veel suurstofryke bloed in haar hart ingaan en te min uitgaan, maar omdat die gesin se mediese fonds nie al die onkostes dek nie het Lulu se ma, Clarice Schutte, ‘n fondsinsa-melingsprojek geloods. 
Touch of Class tree Saterdag 27 Augustus by Laerskool Bosveld Primary op ten bate van Lulu en Clarice verkoop plakkertjies teen R5 elk. “Ek sal baie bly wees as almal wat een koop dit op 6 September kan dra om hul ondersteuning te wys,” het Clarice gesê.
Lulu se operasie sou aanvanklik op 6 September plaasgevind het maar die sjirurg het dit na 13 September geskuif. “Ons het ook begin om hangertjies met ‘n gelukbringer hartjie te maak en te verkoop as deel van die fondsinsameling.”
Enigiemand wie ‘n bydrae wil maak kan ‘n donasie inbetaal in Llewellyn Quick se FNB Youth rekening nr 62623350311, takkode 250655.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube