<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Inbrake minder weens arrestasies

 
News : 26 Aug 2016 247 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE - Alhoewel die polisie erken dat die hoeveelheid inbrake in die dorp steeds kommerwekkend is, is hulle vol vertroue dat die syfers sal begin daal nadat 'n klomp verdagtes onlangs gearresteer is in die verband.
Die Lephalale polisie het tydens verlede week se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vergadering gesê dat inbrake gewoonlik plaasvind wanneer die huis inwoners slaap."Ons het 'n toename van so 2,5% in inbrake gesien in vergelyking met verlede jaar se syfers," het Sersant Precious Munyai gesê. "Die meeste van die gevalle het in Essenhoutstraat in Onverwacht gebeur en ook in die Marapong-area."
Munyai het ook genoem dat die meeste ander misdade 'n afname getoon het in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. "Ons het 'n aantal suksesvolle misdaadvoorkomingsoperasies uitgevoer wat hiertoe bygedra het en het ook 'n toename van 62,5% gesien in die arrestasies van dwelmverwante misdadigers asook dronkbestuurders."
Die verkeersdepartement werk saam met die polsie om die voorkoming van misdaad 'n prioriteit te maak.
"Tydens die verkiesing het die verkeersdepartement 28 bestuurders vir dronkbestuur getoets en een gearresteer," het 'n department woordvoerder by die GPFvergadering bygevoeg.
"Ek bedank die verkeersdepartement vir hul goeie werk, want vir die eerste keer in 'n lang tyd sien ons visuele polisiëring wat motoriste aanmoedig om die padrreëls te gehoorsaam," het Cobus Coetzer, 'n inwoner wat die vergadering bygewoon het, gesê.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube