<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Boomstropers in die kollig

 
News : 31 Aug 2016 282 Viewed By NoordNuus reporter 0

MOKOPANE – Boomstropers en mense wat hulle aan onwettige ontbossing skuldig maak word gewaarsku om in hul spore trap aangesien oortreders voortaan streng vervolg gaan word.
Rolspelers wat die dorp en sy omgewing se belange op die hart dra het verlede week koppe bymekaargesit om ’n strategie van stapel te stuur om misdade met betrekking tot beskadiging van die natuur in en om die dorp te bekamp.  Rolspelers is raadslede Yolande Coetzee en Korny Dekker, die SAPS, staats aanklaers, verskeie buurtwag lede, Working on Fire (WOF), Fauna en Flora, LEDET, Tobie van Deventer (brandweer), SOS Sekuriteit, Suricat Sekuriteit en die departement van binnelandse sake.
Die rolspelers het in ’n vergadering besluit dat oortreders voortaan vervolg moet word deur hulle onder andere by die polisie aan te kla. Foto’s van oortreders en voertuig registrasies sal bydra tot suksesvolle vervolging. Oortreders kan gerapporteer word by enige van die volgende nommers van die polisie: 015 409 1418/1419/1420 of 081 505 9340. Misdade van dié aard kan ook gerapporteer word by raadslede Yolande Coetzee by 079 2737 986 of Korny Dekker by 082 878 1502.
Inwoners word versoek om nie inheemse bome uit te kap, beskadig, vervoer, verwyder, oplaai, verkoop of skenk nie aangesien dit onwettig is. So persoon kan aangekla word vir oortreding van die wet. Permitte moet verkry word vir enige van die bogenoemde aksies.  Die volgende bome klassifiseer as inheems en is beskermd onder die Bosbou wetgewing van 1998 (Act no. 84 of 1998). Bekende inheemse bome is Kameeldoring, Vaalkameeldoring, Kremetart, Groendoring, Stinkhout, Appelblaar, Geelhout, Rooistinkhout, Kiaat, Maroela en Krinkhout.
Daar is 47 gelyste bome volgens die Staatskoerant, Vol 593, 21 November 2014.  Indien daar getwyfel word oor ‘n boom of vir meer inligting kan Fauna en Flora gekontak word by 082 889 1396.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube