<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Touch of Class raak Lulu se hart

 
News : 31 Aug 2016 411 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Laerskool Bosveld Primary se skoolsaal was stampvol tydens Touch of Class se optrede ten bate van Llewellyn (Lulu) Quick se hartoperasie verlede Saterdag.
Die Touch of Class groep het ingespring om te help toe hulle hoor dat Lulu ‘n hartoperasie moet ondergaan omdat haar hart net drie hartkamers pleks van vier. Dit beteken dat daar te veel suurstofryke bloed in haar hart in gaan en te min uit gaan. Die gesin se mediese fonds dek egter nie al die kostes nie en daarom is daar daadwerklik met ‘n fondsinsamelingsprojek begin.
“Die optrede was absoluut fantasties en die groep het Lulu soos ‘n prinses laat voel. Ek dink sy het so ‘n bietjie verlief geraak op die aantreklike ooms wie haar so bederf het,” het Lulu se ma, Clarice Schutte, gespot.
Die kaartjie verkope vir die aand het baie goed gegaan en daar is nog plakkers beskikbaar wat aangekoop kan word teen R5 elk. Die gesin het gevra dat elke koper dit op 6 September moet dra om hul ondersteuning vir Lulu te wys.
 Donasies kan ook gemaak word in Llewellyn Quick se FNB Youth rekening nr 62623350311, takkode 250655.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube