<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

DBV kry eie winkeltjie

 
News : 31 Aug 2016 270 Viewed 0

LEPHALALE – ‘n Worsteling met fondse is ‘n voortdurende probleem vir die dierebeskermingsvereniging (DBV) se takke regoor die land.
Die Lephalale DBV het besluit dat die ekonomiese tye hulle nie gaan terug hou nie. “Ons het ‘n winkeltjie oorkant die landdroshofgebou in Hermanstraat gekry en gaan dit gebruik om snuisterye en tweedehandse goedjies te verkoop ten bate van die veearts kostes van die diere,” het Desiree Cloete, een van die DBV se kampvegters, gesê.
Die winkelt staan op die oomblik nog leeg en daar word gewoeker om dit so gou as moontlik reg te kry vir besigheid.
“Ons benodig rakke en boekrakke en sommer enig ding wat dalk by mense se huise rondstaan en nuttig kan wees in die winkel of wat ons dalk kan verkoop vir fondse.”
Die winkel is reg agter die Engen garage op die hoeke van Herman- en Wellsstraat en mense is welkom om hierdie Saterdag ‘n draai te kom maak om die DBV te ondersteun met hul tafel verkope.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube