<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Botsing eis jong pa

 
News : 01 Sep 2016 5888 Viewed 0

MOKOPANE – ’n Jong pa van Mokopane het die aand voor sy 27ste verjaarsdag gesterf nadat hy met sy motorfiets in ’n kop-aan-kop botsing teen ’n bakkie op die R101, sowat 6km buite die dorp betrokke was.
Volgens Erika Olivier, die oorledene se verloofde, is Tinus Collin van Rooyen getref deur ’n bakkie wat ’n voertuig verbygesteek het. Hy is op slag dood. Hy word oorleef deur sy 11 maande oue babaseuntjie, Mason, sy verloofde Erika, haar dogtertjie Katelin (6), sy ouers Martin, Lorraine en suster Melanie.
Tinus se roudiens was Donderdagoggend 1 September vanuit die NG Suid Gemeente Potgietersrus in HF Verwoerdstraat gehou. Hy word Vrydag (vandag) op Tambati Game, ’n jagplaas in Vivo begrawe.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube