<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Twee verloor lewens na ongeluk

 

Bennette Riekert (18) en Henkie van Wyk (18). Foto: Facebook.

News : 01 Sep 2016 2587 Viewed By Martie Le Grange 0

Twee jong mans van Mokopane, Bennette Riekert en Henkie van Wyk (18) is Dinsdagoggend in die fleur van hulle lewe dood toe die vragmotor waarin hulle sement vervoer het die pad verlaat en omgeslaan het.
Volgens Eye Witness News het die ongeluk op die N1 tussen die Carousel tolhek en Hammanskraal plaasgevind.
Die slagoffers is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. 
Bennette sou op 9 September 19 jaar oud geword het.
’n Niggie van die twee oorledenes, Anika Karsten, skryf op Facebook: “...julle was ons familie se trots en sonskyn. Julle warm glimlagte en grappies gaan gemis word. Ek sal julle elke dag in my hart dra en weet dat julle nooit vergeet sal word nie. Ek sal julle lewens elke dag herdenk en dankbaar wees vir die tyd wat julle gehad het by ons. Daar lê storms voor vir ons familie maar met God aan die stuur sal ons deur dit kom. Julle het vandag ‘n stuk van my hart gevat saam met julle.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube