<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Lulu maak gereed vir hartoperasie

 
News : 08 Sep 2016 1594 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Haar klasmaatjies by Laerskool Bosveld Primary het verlede week spesiale bemoediging kaartjies gemaak vir klein Llewellyn (Lulu) Quick (7) wat vroeër die jaar met ‘n seldsame hartafwyking gediagnoseer is. Lulu gaan Dinsdag 13 September vir haar ope-hart operasie wat by Unitas Hospitaal gedoen sal word.
Lulu is op 24 Junie gediagnoseer met heterotaksie sindroom en atrio ventricular septale defek (AVSD) – ‘n hart toestand waar die hart nie vier hartkamers het nie maar net drie. Die drie hartkamers pleks van vier veroorsaak dat daar te veel suurstofryke bloed in haar hart ingaan en te min uitgaan.
Haar ingewande vanaf die mantelvlies is ook ‘n spieëlbeeld van die norm wat beteken dat haar milt, lewer en ander organe aan die teenoorgestelde kant as normaal sit.
Lulu se juffrou, Elsabe Powell, is een van die mense wat gewikkel het om spesiale plakkertjies asook Touch of Class konsertkaartjies te verkoop in ‘n poging om genoeg fondse bymekaar te maak om die operasie en daaropvolgende mediese kostes te dek.
“Ons glo en bid dat die operasie ‘n groot sukses sal wees en dat sy volkome sal herstel en gou sal terugkom skool toe. As skool dink ons aan haar en haar ouers en wens hulle baie sterkte toe,” het Elsabe gesê.
Op die foto ver regs is Lulu saam met van haar klasmaats met die bemoediging kaartjies wat hulle gemaak het. Op die voorblad is Lulu en juf. Elsabe.
Enige iemand wat wil bydra tot die fonds kan die volgende inligting gebruik: Llewellyn Quick, FNB Jeug, rekening no: 62623350311, takkode: branch 250655.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube