-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Die verhoor van Kevin Clerk, wat teregstaan op verskeie aanklagte teen hom nadat André van den Bergh in 2014 sy lewe voor sy huis in Geyserstraat verloor het, is Dinsdag uitgestel na 27 en 28 Oktober omdat Clerk ’n nuwe prokureur aangestel het om hom te verteenwoordig.
Die verhoor, wat verband hou met ’n tref-en-trap-ongeluk waarin van den Bergh oorlede is, is vroeër die week in die Mokopane Landdroshof uitgestel nadat Clerk sonder ’n regsverteenwoordiger opgedaag het en gesê het sy nuwe prokureur het tyd nodig om voor te berei vir die verhoor.
André van den Bergh is die aand van 7 Junie voor sy huis, volgens ’n ooggetuie deur ’n wit dubbelkajuitbakkie raakgery. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die ooggetuie, ’n reaksie bestuurder van SOS Sekuriteit. beweer die bestuurder van die bakkie wat Van den Bergh na bewering raakgery het, is Clerk, die beskuldigde. Clerk staar sewe aanklagte teen hom in die gesig.
0 Comments