-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
ROEDTAN – Die 58-jarige Johan van Zyl, ’n bekende boer van die Roedtan distrik buite Mokopane wat ook aan die vierde seisoen (2011) van die werklikheidsreeks Boer soek ’n Vrou deelgeneem het, is die afgelope naweek ná ’n motorongeluk oorlede.
Van Zyl, die eienaar van Leshoka Thabang, ’n groot wildsplaas in die Roedtan-distrik het glo Vrydag laataand beheer oor sy bakkie verloor terwyl hy op ’n grondpad in die dieselfde area waar hy gewoon het, gery het.
’n Helikopter het hom na die hospitaal vervoer maar hy het later aan sy beserings beswyk.
Van Zyl was een van die grootste sonneblom produsente in die land.
Hy word oorleef deur sy seun Johan junior (23) en twee dogters Juanita (26) en Monique (27).
0 Comments