-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
PRETORIA – Die moedige klein Llewellyn (Lulu) Quick (7) van Lephalale het weereens bewys dat mens niemand ooit op sy baadjie moet takseer nie. Dié tingerige meisietjie het glimlaggend vir ‘n foto poseer kort na haar ope-hart operasie waartydens sy ‘n pasaangeër gekry het.
Lulu se ma, Clarice Schutte, het voortdurend inskrywings op haar Facebookblad, Ondersteuners vir Lulu se hartklop, gemaak om te sê hoe dit met die klein meisie gaan, maar sy het ook gevra dat mense hulle privaatheid moet respekteer tydens Lulu se hospitaalopname.
Lulu is op 24 Junie gediagnoseer met heterotaksie sindroom en atrio ventricular septale defek (AVSD) – ‘n hart toestand waar die hart nie vier hartkamers het nie maar net drie. Die drie hartkamers in plaas van vier veroorsaak dat daar te veel suurstofryke bloed in haar hart ingaan en te min uitgaan.
Haar ingewande vanaf die mantelvlies is ook 'n spieëlbeeld wat beteken dat haar milt, lewer en ander organe aan die teenoorgestelde kant as normaal sit.
Lulu is intussen uit die Unitas hospitaal in Pretoria ontslaan maar sal nog vir ‘n rukkie in Pretoria bly totdat haar dokter voel dat sy sterk genoeg is om die lang rit huis toe aan te pak.
Lulu is ‘n leerder by Laerskool Bosveld Primary.
0 Comments