-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Adri Jacobs Knoetze, die 44 jarige parapleeg en enkelma van Mokopane wat vir fondse gevra het om haar spesiale droomfiets te koop (“Ystervrou droom groot!”, 16 September) het binne ’n week haar doel bereik.
Knoetze het etlike dae na Noordelike Nuus se berig verskyn het, op haar Facebook-blad aangekondig dat sy genoeg geld ingesamel het om haar fiets te koop. Sy getuig dat hulp van alle kante af ingestroom het. “Ek het uiteindelik genoeg fondse om my droom te verwesenlik,” sê Adri. Sy het almal wat haar gehelp het nederig bedank vir hulle onbaatsugtigheid. “My beker loop oor,” het sy bygevoeg.
0 Comments