-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Een van die twee verdagtes wat op 19 September op ’n leningsfirma in Thabo Mbekistraat toegeslaan het en sowat R80 000 gesteel het, is in hegtenis geneem. Die 38-jarige man het Maandag in die Mokopane landdroshof voorgekom.
Vier besighede is voorverlede week deur gewapende rowers geteiken, met vuurwapens gedreig en beroof. Rowers het in al vier gevalle geld gebuit en op die vlug geslaan.
Die beskuldigde sal na verwagting op 6 Oktober weer in die Mokopane landdroshof voorkom.
0 Comments