<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Weduwee met baksteen aangeval

 

Lynette Klopper, ’n boervrou en weduwee van die Percy Fyfe hoewe, buite die dorp is gelukkig om te leef nadat twee booswigte haar Saterdagoggend inge­wag en met ’n baksteen aangeval het.

 

News : 07 Oct 2016 6051 Viewed By Martie Le Grange 0

Lynette Klopper, ’n boervrou en weduwee van die Percy Fyfe hoewe, buite die dorp is gelukkig om te leef nadat twee booswigte haar Saterdagoggend inge­wag en met ’n baksteen aangeval het.

Klopper is ’n weduwee in haar 50’s wat haar man sowat drie maande gelede aan die dood afgestaan het. “Sy is waarskynlik geteiken omdat sy alleen woon,” het Casper Klopper, Lynette se swaer, Maandag aan Noordelike Nuus vertel.

Hy is smoorkwaad na die voorval en sê hy het Lynette gewaarsku om altyd haar vuur­wapen by haar te dra.

Sy het dié spesifieke dag sonder haar vuurwapen uitgestap na die bokkraal, vertel Casper. Twee mans het in ’n kamertjie by die kraal weggekruip en skielik hul verskyn­ing gemaak. “Ek vermoed hulle wou haar met die baksteen agter die kop bydam,” sê Casper. Sy het egter ’n skaduwee opgemerk en omgedraai toe een haar met die baksteen skrams in die gesig slaan.

Die aanvallers het haar hande en voete met draad vasgebind en haar gevra of sy alleen is. Lynette het gesê haar man is in die huis en gaan hulle doodskiet. Casper vermoed dit het die aanvallers skrik op die lyf gejaag want hulle het hulself vinnig uit die voete gemaak. Lynette kon daarin slaag om ’n gedeelte van die stuk draad om haar enkels los te wikkel en het na haar bure ge­hardloop waar sy hulp ontbied het.

Die verdagtes het intussen Lynette se vuurwapen, selfone en ander goedere uit die huis gebuit.

Lynette se stiefkinders in die dorp is van die voorval in kennis gestel en sy is na die Polokwane Medi Kliniek geneem vir be­handeling. Sy is ontslaan en sterk tuis aan.

Casper het gesê sy een broer gaan voor­taan by sy skoonsus vertoef totdat sy die plaas verkoop het. Sy het voor die aanval alreeds planne gemaak om na Pretoria te verhuis.

Die polisie ondersoek die saak.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube