<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Landgoed ontwikkelaar betreur verlies van kameelperd

 

‘n Kameelperdbul- en koei is vanaf ‘n boma in Mookgophong na Mokopane vervoer en vroegoggend vanuit die vragmotor op die landgoed vrygelaat.

News : 14 Oct 2016 256 Viewed By Martie Le Grange 0

‘n Gebeurtenis wat beloof het om vir die nuwe ontwikkeling van Thorny Bush Estate ‘n mooi herinnering te wees met die loslaat van twee jong kameelperde, het Maandagoggend met ‘n bittersoet gevoel afgeloop. ‘n Kameelperdbul- en koei is vanaf ‘n boma in Mookgophong na Mokopane vervoer en vroegoggend vanuit die vragmotor op die landgoed vrygelaat. Die bul het egter sy regter agterbeen gebreek toe dit in ‘n stormwater watersloot beland het en moes daarna ongelukkig van kant gemaak word. Die jong kameelperd koei is ongedeerd en wei tans op die landgoed. “Ons is getraumatiseerd oor die tragiese verlies en betreur die ongeluk. Ongelukkig is dit ‘n feit dat die verskuiwing van wild altyd met risiko’s gepaard gaan. Die estetiese waarde van kameelperde op die landgoed is vir die ontwikkelaar van onskatbare waarde, en die teenwoordigheid van hierdie statige diere sal bydrae tot die Bosveld tema van Thorny Bush Estate,” het Shaun McGrath van Thorny Bush Estate gesê. “Thorny Bush is voorwaar ‘n baie spesiale plek,” het McGrath gesê. Hy het ‘n ope uitnodiging aan belangstellendess gerig om die landgoed te besigtig. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube