MOKOPANE – ’n Kliënt van Bradlows in Thabo Mbekistraat is verlede Donderdag in die meubelwinkel van R20 000 beroof deur twee gewapende jong mans.
Volgens Mokopane polisiewoordvoerder, sersant Irene Masingi, was ’n man van voorneme om meubel aankope te doen toe twee jong verdagtes hom genader-, met ’n vuurwapen gedreig- en daarna van R20 000 kontant beroof het.
Die voorval het helder oordag plaasgevind terwyl die kliënt met ’n verkoopspersoon besig was. ’n Skoot is ook in die winkel afgevuur.
Niemand is in die voorval beseer nie. Die polisie se ondersoek duur voort.
Die polisie maan inwoners om nie groot berae kontant by hulle te dra nie.
0 Comments