-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MASHESHANE – Ondersoekbeamptes van die Heritage Protection Group (HPG) in samewerking met Die Valke Buurtwag in Mokopane het Maandag twee verdagtes in Mashashane vasgetrek wat verbind word met die aanval op Lynette Grobler, ’n weduwee van Percy Fyfe, op 1 Oktober.
Grobler is op die dag van die voorval buite haar huis by die bokkraal deur twee mans met ’n baksteen aangeval. Sy het hulle egter afgeskrik deur te sê haar man is in die huis en gaan hulle doodskiet.
Die verdagtes het laat spaander maar dit nog steeds in die huis gewaag waar hulle ’n vuurwapen, selfone en ander huishoudelike goedere gesteel het.
Die twee, wat binnekort in die hof sal verskyn, is sowat 6km van die plaas waar Grobler aangeval is, in Mashashane buite Mokopane aangekeer.
’n Vuurwapen, selfone en ’n kamera wat aan Grobler behoort is in die verdagtes se besit gevind.
0 Comments