<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Werker kom op twee se liggame af

 

Marius Horn en Hans Fourie se liggame is vanoggend in ’n huis op die Uitkyk kleinhoewe gevind.  Foto: Facebook.

News : 04 Nov 2016 226 Viewed 0

MOKOPANE – Die gemeenskap het hul skok op sosiale media uitgespreek nadat die liggame van twee mans Maandagoggend in ’n huis op die Uitkyk kleinhoewe buite Mokopane gevind is.
Volgens provinsiale polisiewoord-voerder kol. Ronel Otto is die twee mans, Marius Horn (50) en Hans Fourie (27),
se liggame deur ’n huiswerker in een van die huis se slaapkamers gevind. Daar was koeël wonde aan albei se koppe, vermoedelik van die 9mm pistool wat op die toneel gevind is.
Daar was geen tekens van inbraak op die perseel nie, het Otto gesê.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube