<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Oorlaaide minibussies se dae getel

 
News : 14 Nov 2016 117 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Die provinsiale verkeersdepartement het gewaarsku dat hulle in die toekoms streng sal fokus op oorlaaide bussies waarin veral skoolkinders vervoer word.
‘n Verteenwoordiger van die departement het in ‘n onlangse gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vergadering genoem dat hulle ouers en onderwysers wil betrek by bewusmakingsveldtogte aangaande oorlaaide bussies. “Ons is bewus daarvan dat daar ‘n probleem is maar sonder die hulp van mense wat direk betrokke is by die baie gevaarlike probleem gaan ons sukkel om ‘n verskil te maak.”
Thys Eloff, voorsitter van die GPF, het genoem dat hy reeds met Laerskool Ellisras en Laerskool Bosveld Primary oor die probleem gepraat het en dat die skole gretig was om te help waar hulle kan. “Alhoewel dit belangrik is om al hierdie rolspelers te betrek lê die finale verantwoordelikheid by die ouers. Ouers moet weier om van bussies gebruik te maak wat ooglopend oorlaai is en ‘n gevaar vir hul kinders inhou.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube