<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rotary ontbyt mik om polio bewusmaking

 
News : 18 Nov 2016 156 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die Potgietersrus Rotariërs het verlede Saterdag hulle jaarlikse ontbyt tafel in die Crossing Mall laat pronk ten bate van die uitwissing van Polio.
“Dié jaar was verseker groter en ons projek is goed ondersteun,” het Blondie McGlashan, die president van die Potgietersrus Rotary Klub baie tevrede gesê.
Vroeg opstaan het niemand weerhou om 07:00 agter ‘n heerlike ontbyt en ‘n drinkdingetjie in te skuif nie. Vanjaar is daar ekstra tafels ingedra om al die ondersteuners te akkommodeer by die elle lange ontbyttafel. 
Drie pryse is ook opgeraap deur ondersteuners wat ‘n verdere R20 spandeer het op ‘n gelukkige trekking wat aan die wenners onderskeidelik ‘n helikopter vlug, ‘n dames horlosie en ‘n borrelbadtoestel besorg het.
Rotary, tesame met vennote het verskeie projekte wêreldwyd geloots en sedertdien is polio gevalle verminder met ‘n allemintige 99,9%. Rotary hou dit vol en mik om dié siekte ten volle uit te wis. Die jaarlikse ontbyt is een van hulle projekte waar fondse ingesamel word om die 100% mikpunt te bereik en wêreldwyd ‘n verskil te maak.
Die Rotariërs het hulle dank uitgespreek teenoor die volgende borge: Die Park Hotel, The Crossing Mall, Romans Pizza, Peters Café, J & S Slaghuis, Moorddrift Melkery, Meat City, Delene Pelzer, Andries Hennop, Bosman Juweliers, Roedtan Superior Super Market, Cabellos Haarsalon en Nails for U.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube