-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Total Sports in die Crossing Mall is vanoggend deur vier gewapende mans geteiken wat met R18000 kontant en ’n onbekende hoeveelheid selfone op die vlug geslaan het. Dit is die vyfde gewapende rooftog in die dorp sedert Maandag 7 November.
Volgens Mokopane polisiewoordvoerder sersant Irene Masingi het vier mans die winkel omstreeks 10:00 binnegegaan waarvan twee die kassiere genader het. Een van die mans het ’n vuurwapen wat in sy broeksak was aan die werknemer gewys, terwyl een van die ander die winkelbestuurder beveel het om na die stoorkamer te gaan. Masingi sê die bestuurder is met ’n geweer gedreig. Geld sowel as selfone is geëis. Die rowers het die bestuurder met kabelstroppe vasgebind en met die gesteelde geld en selfone op die vlug geslaan.
Geen skote is afgevuur nie en niemand is in die voorval beseer nie.
0 Comments