<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Twee gesoek vir huisbraak

 
News : 25 Nov 2016 576 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Twee mans word gesoek in verband met ‘n huisbraak en diefstal van 'n motorvoertuig wat sowat 10 km buite Lephalale op die Beskapad plaasgevind het.
Volgens adjudant offisier Frans Mokoena van die Lephalale polisie het die verdagtes Sondagoggend omstreeks 04:20 toegang tot die huis gekry deur ‘n venster wat hulle gebreek het.
Die huisgesin was in daardie stadium in die huis maar het geslaap en het eers wakker geword toe hulle hoor hoe die verdagtes met hul voertuig uit die erf ry.
“Hulle het met ‘n Sahara skootrekenaar, kar sleutels, twee trouringe en ‘n beursie met die eienaar se ID kaart en bestuurslisensie weggekom asook ‘n wit Mazda BT50 bakkie ter waarde van R300 000.”
Die bakkie se registrasie nommer is CFK 702 L en het ‘n stampplek aan die bestuurderskant (sien foto regs).
Enige iemand met inligting kan Kaptein M. Hlongwane van die Lephalale polisie kontak op sel: 082 565 7968.
 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube