<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Grillerige kuiergaste!

 

MARAPONG – Summer has seen the guys at Reptile Rescue work overtime to catch and release snakes in Lephalale and surrounding areas. Henko Janse van Rensburg proved that he is a brave man when he caught this massive black mamba last Thursday in a residential area in Marapong. The snake, which is deadly when provoked, was 2.83m long and will be freed on a game farm outside Lephalale.

News : 25 Nov 2016 668 Viewed 0
“Die swart mamba kom algemeen in ons omgewing voor en is ‘n senuagtige slang wat ‘n mens kan aanval as dit vasgekeer voel,” sê Henko wat voorstel dat die beste optrede sal wees om stadig agteruit te beweeg as jy hierdie kenmerklik donkergrys slang in ‘n tent of selfs stort raakloop.
“Hierdie slange is blitsvinnig en kan ‘n persoon ‘n paar keer na mekaar byt terwyl dit elke keer ‘n bietjie gif vrystel,” waarsku hy.
Die Mosambiekse spoegkobra is nog ‘n slang wat kampers dalk kan sien omdat hulle daarvan hou om in die aande rond te beweeg en soms in karre gaan wegkruip. “Hierdie slange is baie nuuskierig en ek het al ‘n paar keer van hulle uit kaste, tasse en karre gaan haal. Hulle is baie giftig en as iemand nie betyds mediese hulp kry nie kan die gevolge noodlottig wees.”
Soos die Mosambiekse spoegkobra is die pofadder sitotoksies, maar wat hierdie slang besonders maak is sy fantasties gekamofleerde liggaam. “Hierdie slang beweeg stadiger as van die ander slange terwyl sy unieke kleur en patroon hom amper perfek by sy omgewing laat insmelt.”
Kampeerders moet egter nie net versigtig wees vir slange nie, maar moet ook op die uitkyk wees vir skerpioene. “Die goue reel wanneer iemand ‘n skerpioen sien is om te onthou dat die groot swart skerpioene met dik sterte en klein knypertjies die giftige outjies is en dat mens maar eerder moet wegbly van hulle af.”
Reptile Rescue was die laaste tyd druk besig in die Lephalale omgewing en het in die laaste maand meer as 120 slange gevang. Meeste van hierdie slange word buite die dorp ver van mense vrygelaat. “Ek wil net weer ‘n beroep op mense doen om asseblief nie slange dood te maak nie omdat die gif van sommige slange gebruik kan word om teengif te maak en sodoende kan ons ‘n lewe red.”
Reptile Rescue is ‘n vrywillige gemeenskapsdiens en indien enige iemand hulle wil ondersteun, is hulle welkom om ‘n donasie te maak:
Reptile Rescue. Standard bank Lephalale.
Die rekening nommer is: 333 261 658.
 

 

 
 

Pofadder wat Marius in ‘n huisie in Marapong gevang het met die kenmerkende kamoefleermerke oor sy lyf

'n Mosambiekse spoegkobra wat Marius Koekemoer in Ledibeng Eco Estate gevang het.

Op die foto is ‘n giftige swart dikstert skerpioen of Parabuthus Transvaalicus wat Henko Woensdag in Lephalale gevang het.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube