<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Luiperd los in Bokkedorp!

 

​Foto: www.awf.org.

 

News : 26 Nov 2016 5242 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE - 'n Luiperdwyfie en haar welpie loop glo los in Mokopane rond, ironies genoeg in die 'Bokkedorp' gebied. Jan Mallinson werk tans saam met SOS Sekuriteit opsoek na die wyfie nadat een welpie Saterdagoggend 10:00 reeds gevang is en na die Wildteelsentrum geneem is vir veiligheid.

Jan, wat as stokperdjie help om diere te vang en na plekke van veiligheid neem, sê dat die rondloperluiperdwyfie moontlik van buite die dorp langs die Nyl ingekom het. 

"Ons ry tans tussen die twee parkies in Bokkedorp rond opsoek na die luiperd en die welpie en vra enige iemand wat haar sien om ons te skakel. "Ons vermoed sy is naby Gamka Straat aangesien iemand haar so tussen 19:00-20:00 daar gesien het."

Jan maan inwonders om nie nader te gaan of geraas te maak as hulle die rondloperluiperd of haar welpie sien nie, maar om haar eerder van 'n afstand dop te hou en dan vir SOS of Jan te skakel sodat hulle haar en die welpie kan vang en na die Wildteelsentrum kan neem vir veiligheid.

Sondagoggend was daar gerugte dat die wyfie geskiet is, maar SOS en Jan kon dit nie bevestig nie en het gesê dat die soektog voortduur.

Jan se nommer is 063 022 3693.

Gamka straat is hier: https://www.google.co.za/maps/@-24.1978183,28.9906954,17z

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube