<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

James Steele (10 Augustus 1951 – 30 November 2016)

 

MOKOPANE - ‘n Reuse leemte word agtergelaat in die Potties gemeenskap met die afsterwe van die oud-onderwyser James Steele (65). Hy is in sy slaap oorlede in die vroeë oggendure van Woensdagoggend nadat hy gesukkel het om te herstel van ’n groot kolon operasie ’n maand gelede.

News : 30 Nov 2016 4282 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE - ‘n Reuse leemte word agtergelaat in die Potties gemeenskap met die afsterwe van die oud-onderwyser James Steele (65). Hy was ‘n geliefde inwoner wat meer as 40 jaar homself in die Mokopane gemeenskap se harte ingegrawe het. Hy is in sy slaap oorlede in die vroeë oggendure van Woensdagoggend nadat hy gesukkel het om te herstel van ’n groot kolon operasie ’n maand gelede.

James Steele se roudiens vind Maandag, 5 Desember plaas om 11:00 vanuit die Hervormde kerk in Hooge Straat.

Vir 43 jaar het James vir generasies skoolgehou en sy besondere blou oë het geblink as hy staaltjies vertel het oor die kinders wat oor die jare sy klaskamer drumpel deurgetrap het. Sy liefde vir sy kinders en kleinkinders was ooglopend en hy het breed geglimlag wanneer hy van sy eggenote, Lida, sy kinders en kleinkinders gepraat het.

Hy het Augustus as wiskunde departementshoof van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) afgetree nadat hy 37 jaar daar skoolgehou het. Hy het in Augustus vertel hoe baie hy uitsien na sy aftrede na al die jare van skoolhou.

James word onthou as ’n onderwyser wat ‘n goeie pak slae kon uitdeel wanneer nodig, maar ook graag die kinders vermaak het met allerlei staaltjies. Hy het dikwels, selfs jare later, die kinders vir wie hy skoolgehou het gemaklik onthou.

Steele het tien jaar terug sy eerste vrou, Mirinda, aan kanker afgestaan. In 2010 is kolonkanker by hom gediagnoseer, maar hy het die stryd oorwin. Hy is in 2007 met Lida getroud.

Hy en Lida kon gereeld op die rolbalbaan gevind word en vanjaar het hulle albei hul Limpopo Senior klere verwerf. Hy het hom ook op sy tyd op die tennis- en gholfbaan laat geld.

Steele het sy onderwysloopbaan in 1973 by Fakkel Hoërskool afgeskop en twee jaar later by HPP begin skool gegee. Hy was ’n jaar later na Hoërskool Mike Erasmus, die ou hoër handelskool wat vandag as Waterberg High School bekend staan. In 1979 is James terug na HPP waar hy tot Augustus toe klas gegee het.

“Hy was waarlik een van God se ligstrale,” het HPP in hul huldeblyk geskryf. “Hy het oor 37 jaar die lewens van duisende kinders en kollegas aangeraak. Die wêreld is ’n armer plek sonder James Steele.

James laat sy vrou, Lida, sy drie kinders (Taylor, Lianda en James) en ses klein kinders agter.

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube