<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gru-ongeluk eis 12

 

Die ongelukstoneel waar ’n Toyota Avanza en ’n vragmotor mekaar kop-aan-kop getref en daarna aan die brand geraak het. Foto: Facebook.

News : 05 Dec 2016 161 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – ’n Gru-ongeluk op die N1 Suid tussen Mokopane en Mookgophong het Sondag een beseer en die lewens van 12 geëis.

Nooddienswerkers het Sondagaand gereageer nadat 'n Toyota Avanza en 'n vragmotor in ’n kop-aan-kop botsing betrokke was en daarna aan die brand geraak het. Volgens Mokopane polisiewoordvoerder sersant Irene Masingi is 11 op slag dood. Die 12de persoon het in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Al 12 slagoffers het glo in die Avanza gereis.  Sommige liggame was onherkenbaar verkool.  Die bestuurder van die vragmotor het beserings aan sy bene opgedoen.

’n Band van die Avanza het na bewering gebars wat daartoe gelei het dat die bestuurder beheer oor die motor verloor het, sê Masingi.

Polisiewoordvoerder kol Moatshe Ngoepe het sy kommer uitgespreek en sê in totaal is daar reeds 22 padsterftes in die provinsie aangemeld tussen Saterdag aand en Dinsdagoggend. Hy maan motoriste om veiligheid eerste te stel.

’n Saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube