<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Keelvol vir renosterstropers

 

Foto: HPG.

News : 08 Dec 2016 688 Viewed By Martie Le Grange 0

LIMPOPO – Piet van Zyl, ’n wildboer van die Zebediela-distrik sê hy is keelvol nadat hy Woensdagoggend 'n tiende renoster moes afstaan aan renosterstropers. 
Wat dié wildboer nie kan verstaan nie is dat stopers steeds sy renosters teiken ondanks die feit dat die diere onthoring is. Dit bly vir Van Zyl ’n raaisel dat die koei doodgemaak is, maar die stuk van haar horing wat begin terug groei het, is nie deur die stropers verwyder nie.
Wat die voorval ekstra traumaties maak is dat die koei se ses maande oue verskalfie by haar was tydens die voorval.
Van Zyl het in 2015 op Oukersaand ook vier renosters verloor aan stropery en daarna het hy besluit om wagte aan te stel om sy diere 24-uur op te pas.
Volgens HPG is een verdagte met ’n bakkie op die perseel in hegtenis geneem. Hy sou glo sy makkers oplaai. 
Die polisie se forensiese eenheid ondersoek die rondtes wat uit die koei se karkas verwyder is en Heritage Protection Group (HPG) en die polisie het ’n gesamentlike soektog geloods om die booswigte aan die pen te laat ry.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube