<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tref-en-en-trap verhoor genoeg gesloer sê landdros

 

Die magistraat in die tref-en-trap verhoor het vandag in die Mokopane landdroshof gesê die saak het lank genoeg gesloer en gesê dit moet op 21 en 22 Februarie gefinaliseer word. 

News : 09 Dec 2016 470 Viewed By Martie Le Grange 0
MOKOPANE - Die magistraat in die tref-en-trap verhoor het vandag in die Mokopane landdroshof gesê die saak het lank genoeg gesloer en gesê dit moet op 21 en 22 Februarie gefinaliseer word. 
 
Kevin Clerk wat in 2014 daarvan beskuldig is dat hy vir André van den Berg een aand voor dié se huis doodgery het se regsverteenwoordiger het 'n aansoek by die hof ingedien om 'n spesialis te kry om die plek waar die ongeluk plaasgevind het te inspekteer omdat Martin van Eck, 'n ooggetuie se getuienis volgens hulle nie sin maak nie.
 
Die magistraat het die aansoek egter van die hand gewys en gesê daar was genoeg tyd om die twee getuies onder kruisverhoor uit te vra hieroor en dat dit nie regverdig sou wees om die getuies te herroep nie.
 
Clerk sal na verwagting op 21 en 22 Februarie weer voor die Mokopane landdroshof verskyn vir sy verhoor om gefinaliseer te word.
 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube