<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Loop lig vir swendelaars

 
News : 19 Dec 2016 722 Viewed By Martie Le Grange 0

LIMPOPO – Inwoners word gewaarsku om lig te loop vir beweerde swendelaars wat verskeie mense oor ’n tydperk van jare met duisende rande ingeloop het. Meer as een klaer het hul misnoeë uitgespreek nadat hulle in verskillende besigheidstransaksies duisende rande verloor het.
Die betrokke mans vang glo mense op verskeie maniere en word van bedrog en diefstal beskuldig. 
Een van die sogenaamde skuldeisers het Noordelike Nuus genader en waarsku inwoners om versigtig te wees met wie en hoe hulle besigheid doen. Die swendelaars ontvang betaling vir dienste of hardeware wat nooit gelewer word nie.
’n Sakeman van Silverton het in 2015 ’n bedrog- en diefstal saak aanhangig gemaak vir R500 000 wat sy maatskappy verlies gely het. Hy beweer die man wat hulle glo verkul het kom met valse voorwendsels en lei sy slagoffers in ’n lokval om transaksies met hom aan te gaan.
Van die beskuldigdes se dade het aan die lig gekom nadat 'n beweerde slagoffers homself op Facebook uitgelaat het. Só het een-een na die ander persoon na vore gekom met soortgelyke aantygings in twee verskillende gevalle.
Dit is egter belangrik om te onthou dat Facebook-inskrywings as bewyse in lastersake gebruik kan word en daar moet bewys kan word dat die bewerings in publieke belang is en ook dat die uitlatings waar is.
Verskeie dorpe in Limpopo het ook onlangs deurgeloop nadat 'n man wat glo swembaddens bou, verskeie inwoners ingedoen het deur met 'n 'voorskot' vir materiaal te verdwyn.
Beskerm jouself so:
Maak seker dat enige iemand wat dienste lewer of goedere verkoop goeie verwysings het wat kan getuig van hul werk;
Maak gebruik van kontrakte om te verseker dat alle verwagtinge en betalings ooreenkomste duidelik uiteengesit word;
Vra vir 'n afskrif van die kontrakteur se ID en/of vir 'n afskrif van die besigheid BK-registrasie.
'n Vinnige manier om iemand of 'n besighede se bedrywighede na te gaan is om hulle op te soek op die internet - sit die woord "fraud", "scam" of "complaints" by om te sien of daar enige klagtes bestaan. Kyk dan of die klagtes uitgesorteer is ('n webwerf soos Hello Peter is waardevol).
Indien jy wel goeie diens kry is die teenoorgestelde ook waar - gee gerus die besigheid of individue 'n kompliment of 'n getuigskrif vir goeie diens gelewer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube