<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

SOS gee groot dié Kersfees

 
News : 19 Dec 2016 767 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Jayden en Regardt Enslin en Nikayla Nortje was opgewonde nadat hulle verlede week stilgehou het by Kersvader se Posbus in Ruiterweg om hul briefies met ’n wenslysie vir Kersfees so vinnig as moontlik by die noordpool te kry.
Special Operations Solutions (SOS) het met hierdie inisiatief vorendag gekom en dié posbus voor hulle kantoor aangebring. ’n Spesiale posseël teen R3 verseker dat briewe van die jongspan betyds die noordpool bereik. Dié inisiatief is ten bate van liefdadigheid. Die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes en die Widows and Orphan Fund gaan by die opbrengs baat.
Deel van die inisiatief is ook ’n Kersboom voor dié sekuriteitsfirma met versierings daarop wat deur ondernemings by SOS gekoop word vir tussen R100 en R400 ten bate van dieselfde liefdadigheids organisasies. Dié versierings word dan op die Kersboom aangebring.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube