<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Modelkontrak uit die bloute

 

Simoné van Wyk beskik oor 'n natuurlike skoonheid.

News : 19 Dec 2016 4740 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – 'n 21-jarige B.Com Regs Student van Mokopane en oud-skolier van Hoërskool Piet Potgieter, Simoné van Wyk, is in die wolke nadat een van haar Instagram foto’s onlangs die aandag van ’n modelagentskap getrek en sy so 'n modelkontrak losgeslaan het.
Simoné glimlag van oor tot oor en sê sy kon dit eers nie glo nie. Sy sê haar ma, Heather van Wyk, was ook vir eers bietjie agterdogtig oor die affêre, omdat sy beskermend is oor haar dogter. Maar alles het sovêr net ten goede in haar guns gewerk ondanks die feit dat sy nie regtig ’n agtergrond as model het nie.
Die skraal blou-oog meisie het reeds verskeie kere sedert ’n onderhoud met die modelagentskap op die planke gepronk vir onder meer ’n internasionale Bollywood modeparade.
Alhoewel sy elke oomblik van die modelwerk geniet is sy lojaal teenoor haar studies wat steeds eerste kom.
Die modelkontrak is net iets wat sy deeltyds doen. Die werk gaan vir Simoné nog lekker besig hou, maar wie weet, dalk bring hierdie gelukskoot haar kort voor lank op haar na pad roem in die modelwêreld.
Wat opvallend is gedurende Noordelike Nuus se onderhoud met haar, is dat sy is egter ’n baie beskeie jong vrou is met ’n groot liefde vir kinders en sê sy sou graag haar loopbaan in regte wil kombineer met kinders (moontlik welsyn, familie of albei).
“Ek wil nie mense beïndruk nie, ek wil hulle inspireer,” het sy baie opgewonde vertel.

 

 

 
 

“Ek wil nie mense beïndruk nie, ek wil hulle inspireer,” sê Simoné van Wyk.

Simoné van Wyk op die planke in ’n onlangse internasionale Bollywood moderade. 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube