<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

AANSOEK OM UITSTEL VAN DIE MINIMUM EMISSIESTANDAARDE - OPENBARE DEELNEMINGSPROSES – UITNODIGING OM DEEL TE NEEM

 
News : 10 Jan 2017 154 Viewed By Press Release 0
AANSOEK OM UITSTEL VAN DIE MINIMUM EMISSIESTANDAARDE
OPENBARE DEELNEMINGSPROSES – UITNODIGING OM DEEL TE NEEM
 
AANSOEKE OM UITSTEL VAN DIE MINIMUM EMISSIESTANDAARDE VIR ESKOM SE MEDUPI- EN MATIMBA-STEENKOOLKRAGSTASIE
Kennis word hiermee gegee ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Luggehalte (NEMAQA) dat Eskom van plan is om aansoek te doen om uitstel van die minimum emissiestandaarde vir sy Medupi- en Matimba-steenkoolkragstasie in die Lephalale-distrik van Suid-Afrika, Limpopo-provinsie. Aansoeke om uitstel verg inter alia openbare deelneming en hierdie advertensie gee kennis van sodanige openbare deelneming.
 
’n Agtergrondinligtingsdokument (AID) wat ’n oorsig van die uitstelaansoek voorsien, is beskikbaar by www.gccl.co.za/projects Afskrifte van die AID is ook beskikbaar by die Marapong- openbare biblioteek en die Lephalale- openbare biblioteek (soos uiteengesit in die tabel hieronder). U word genooi om as ’n Belanghebbende en Geaffekteerde Party (B&GP) te registreer. ’n Tydperk van 40 dae, van 16 Januarie tot 24 Februarie 2017, is beskikbaar om die AID te besigtig en om kommentaar en kwellinge ten opsigte van die uitstelaansoek in te dien. B&GP’s moet asseblief hulle kommentaar, saam met hulle naam, kontakbesonderhede (verkose kennisgewingsmetode, bv. e-posadres of faksnommer) en ’n aanduiding van enige direkte sake-, finansiële, persoonlike of ander belang wat hulle by die aansoek het, binne die oorsigperiode aan die kontakpersoon hieronder aangedui stuur.
 
 
Naam van plek; Adres van plek; Kontakpersoon & kontakbesonderhede; Besigtigingstye:
 
Marapong- openbare biblioteek
Lephalale- openbare biblioteek Phukubyestraat 916, Marapong
 
 
Hoek van Joe Slovo- en Douwaterstraat
Lephalale-burgersentrum
Lephalale Die Bibliotekaris
Telefoon: 014 762 1484
E-pos: Hazel.Mashaba@lephalale.gov.za
 
Die Bibliotekaris
Telefoon: 014 762 1484
E-pos: Hazel.Mashaba@lephalale.gov.za Maandag – Vrydag: 09:00 – 15:30
 
 
Maandag – Vrydag: 08:00 – 16:00
 
Alle belanghebbende en geaffekteerde partye (B&GP’s) word ook uitgenooi om op 1 Februarie 2017 ’n vergadering van belanghebbendes by te woon, vanaf 17:00 to 19:00 by die Ditheku-laerskool in Marapong en op 2 Februarie 2017 van 17:00 tot 19:00 by die Mogol-klub in Lephalale. As u die vergadering wil bywoon, word u vriendelik versoek om u bywoning teen 25 Januarie 2017 te bevestig.
 
Om as ’n B&GP te registreer, bevestig u bywoning by die vergadering van belanghebbers en/of om meer inligting te kry, kontak asseblief:
Angelique Murphy
Pos: Posbus 1899 Parklands, 2121
Tel: 011 656 1545
Faks: 086 558 9362
E-pos: admin@gccl.co.za
Maak asseblief seker dat u op of voor 24 Februarie 2017 geregistreer het.
 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube