<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPG stuit inbrakers

 
News : 13 Jan 2017 502 Viewed By Helena Raats 0

CRECY - Die Heritage Protection Group (HPG), 'n groep vrywilligers wat saam met die polisie werk om veral plaasaanvalle te ondersoek, het Maandag, 9 Januarie, drie verdagtes vasgetrek wat vermoedelik by 'n huis op 'n plaas in die Crecy-omgewing ingebreek het.

HPG het die drie verdagtes se spore gevolg en een man wat sowat 25km van die toneel af homself in 'n gat van 'n afgebreekte silo probeer versteek het. Nog twee verdagtes is ook gearresteer en altesaam drie luggewere (air pistols) is teruggevind sowel as 99% van die gebuite eiendom wat die verdagte vasgelê het.

HPG het op hul Facebook-blad genoem dat twee van die verdagtes op die plaas gewerk het.
Geen beserings is aangemeld nie.

Woensdag, 11 Januarie, is nog 'n verdagte man deur HPG gearresteer na 'n gewapende roof by Lalapanzi Lodge by Uyskraal buite Marble Hall. Twee gewapende verdagtes het werkers aangehou en na beweing 'n TV gesteel. HPG en Lezmin Sekuriteit het die verdagtes se spore gevolg en die TV is teruggevind. Een verdagte is nog op vrye voet.

 

 

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube