<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gevare van onwettige rommelstorting

 

Die Mogalakwena Munisipaliteit het onderneem om die Uitkyk afdraai op 20 Januarie te gaan skoonmaak.

News : 17 Jan 2017 692 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE – “Ry liewer daardie paar kilometer vêrder en wees veilig as om onwettig jou rommel in ‘n area te strooi wat gevaarlik kan wees,” het Wyk 32 se Raadslid Yolande Coetzee op Facebook gemaan nadat sy verlede week met gewapende rowers te doen gekry het op die Uitkyk-pad.

Sy is gelukkig ongedeerd na verlede Donderdag se insident en waarsku rommelstrooiers dat dit gevaarlik is om op afgeleë plekke te stop om jou tuinvullis of rommel daar te stort.

Die Mogalakwena Munisipaliteit het onderneem om Vrydag, 20 Januarie, die area te gaan skoonmaak. “Ons vra inwoners om asseblief eerder hul rommel by die munisipale stortingsterrein op die R518 na Zebediela te gaan weggooi,” sê Yolande.

 

 

 
 

Onwettige rommelstrooiing op die Uitkyk-pad.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube