<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Boere moedeloos oor 15m sloot in pad

 

De Graaff Genis binne in die 15m sloot in die pad. Hierdie foto is reeds 'n maand gelede geneem en die pad het verder weggespoel. Foto verskaf.

News : 19 Jan 2017 1035 Viewed By Helena Raats 0

ROEDTAN - Boere in die Roedtan/Immerpan sit met hul hande in hul hare nadat 'n gruispad in November verspoel het en daar nou 'n enorme sloot van bykans 50m oor die pad gaap. Die pad is onbegaanbaar en boere moet ompaaie ry en brandstofkostes aangaan om toegang tot hul eie plase te kry.

Elmarie Genis vertel dat die pad tussen hulle plase, Kromdraai en Hoornplaat, lê. "Ons ry nou  'n halfuur draai want die sloot word net al hoe groter en gevaarliker," verduidelik sy.

​De Graaff en Lida Genis boer ook in die area en sê hulle vermoed dat die mildelike reën veroorsaak het dat water dwars oor die pad gespoel het. "Daar is eintlik twee slote wat oor die pad lê en net al hoe groter word."

Die sloot is reeds 15m en so diep dat 'n mens regop daarin kan staan. As dit reën dam die water op en veroorsaak modder wat gevaarlik kan wees indien mens of dier daarin val.

Lida sê dat alhoewel die boere al oorweeg het om self die gat op te vul is dit eenvoudig net nie haalbaar ten opsigte van tyd en kostes nie.

Die pad is glo 'n distrikspad en die department van vervoer se aangewese persoon se foon het sedert Woensdag net gelui. Een amptenaar wat wel geantwoord het, het gesê dat die departement wel bewus is van die pad, maar kon haar nie uitlaat oor wanneer die pad herstel sou word nie.

 

 

 

 
 

Die sloot soos hy op 18 Desember gelyk het. Foto: Lida Genis.

Foto: Lida Genis.

Foto verskaf.

Die 15m sloot in die pad tussen Immerpan en Roedtan. Die pad is onbegaanbaar. Foto: Elmarie Genis.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube