<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Groente projek skop af

 
News : 24 Jan 2017 1195 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE – Sonja du Toit van The Green House het besluit 2017 is die jaar waarin sy ‘n verskil in haar gemeenskap gaan maak. Sy het verlede week met haar Groente Projek (Veggie Project) by Trinitas Huis Ontwikkelings Akademie afgeskop en hoop dat dit die eerste van vele skole is wat kinders sal leer om hul eie groente te plant.

Sonja, wat organiese spinasie en komkommers buite die dorp plant en ook met Tilapia vingerlinge boer, voel dat skole nie net hul eie kinders kan kos gee met die projek nie, maar dalk selfs genoeg sal kan produseer om te verkoop.

Vir die projek het ons besluit om motorbande oop te sny en te gebruik vir die aanplant van groente. “Dit is netjies en goedkoop en daar is net een basis is om nat te gooi, dus bespaar mens water en spasie.”

Sy het afgeskop met 40 motor bande en het spinasie, boontjies, wortels en murgpampoentjies aangeplant. “Elke kleuter by die Akademie het self ‘n saadjie in die grond geplant,” vertel sy. “Hulle was baie opgewonde en het beloof om elke dag die plante nat te gooi.”

Sy verduidelik dat die doel van die projek is dat die kinders self die saadjies water gee, kyk hoe dit groei en dan die groente help oes. “Toesig is nodig, maar vir my is dit belangrik dat hulle deel is van die hele siklus en verstaan dat ons self kos kan produseer,” sê Sonja wat een maal per week die perseel besoek en seker maak dat alles goed verloop.

“Die ou kleintjies was baie opgewonde en het baie vrae gevra by Trinitas en ek hoop hulle inspireer sommer hul ouers om ook betrokke te raak en die projek uit te brei,” glimlag sy.

Verskeie borge het gehelp om die projek van stapel stuur, onder meer The Green House (saadjies), SupaQuick (bande), NTK Mokopane (gieters), Lutea Gastehuis (kompos), CK Signs (banier) en Laser & Granite Works (bordjies).

Sonja is beskikbaar om ander skole wat soortegelyke projekte wil begin raad te gee oor wat hulle benodig om ‘n suksesvolle groentetuin te begin. “Enige iemand kan my bel en ek sal vir hulle adviseer oor die basiese benodighede en hoe om seker te maak dat hulle ‘n sukses van hul projekte maak.”

Skakel Sonja gerus by 083 338 2099 vir meer inligting.

 

 

 
 

Sonja plant saam met die kleuters van Trinitas.

Sonja du Toit.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube