<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Sakeman aangekla van onwettige renosterjag

 
News : 30 Jan 2017 840 Viewed By NoordNuus reporter 0

LEPHALALE - ‘n 55-Jarige sakeman verskyn vandag in die Lephalale Landdros hof nadat hy op sy plaas, glo in die Steenbokpan area, gearresteer is vir onwettige renoster jag. Die Lephalale se SAPS bedreigde spesie eenheid het saam het die departement van omgewingsake, SANParke en die Heritage Protection Group (HPG) die man Vrydag op sy plaas aangekeer.

HPG, ‘n nie-winsgewende organisasie wat die polisie bystaan met ernstige misdade soos plaasaanvalle, gewapende roof, moord en renosterstropery, het Vrydag op hul Facebook-blad genoem dat hulle inligting ontvang het wat gelei het tot die man se arrestasie.

HPG bevestig dat die pote, sterte, velle en vleis van sewe renosters op die toneel gevind is en dat die SAPS vermoed dat die renosters onwettig doodgeskiet is.

Volgens wet mag renosters slegs gejag word as die jagter ‘n permit het en dan moet ’n omgewingsake verteenwoordiger teenwoordig wees tydens die jag. Slegs een renoster word per jagter toegelaat per jaar en alle renoster sterftes moet deur eienaars gerapporteer word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube