<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Inbrekers teiken Mokopane

 
News : 08 Feb 2017 2487 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE - Inwoners word gemaan om versigtig te wees. Daar was gisteraand ten minste twee inbrake, een in HF Verwoerd en een in Bezuidenhout Straat. Staan maar op as die honde blaf, maak seker u deure is gesluit in die aand en maak dubbel seker die alarm is aan.

By die huis in HF Verwoerd het die inwoners honde gehad, maar die inbrekers het steeds 'n deur oopgebreek en die huis besteel.

Indien u vermoed daar is inbrekers in u erf of huis, moet liewers nie hulle self konfronteer nie, skakel die polisie of enige van die sekuriteitsmaatskappye in die dorp vir bystand.

Daar is al vir 'n geruime tyd klagtes dat die polisie weens hoë oproepvolumes nie altyd beskikbaar is op die 10111 nommer nie. Die Mokopane polisie se nommer is 015 409 1400, die ambulansdienste se nommer is 10177.

Mokopane inwoners kan SOS se noodnommer skakel vir bystand by tel: 015 004 0444.

Vir navrae of klagtes oor 'n saak wat reeds oopgemaak het, kan kaptein Tloane geskakel word by 082 565 7968 (speurtak).

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube