<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Drie vas na moord op Afguns

 
News : 08 Feb 2017 490 Viewed By Helena Raats 0

Three suspects were arrested last night by HPG, Lephalale detectives, dog unit and cig for the murder on Afguns Lephalale.

Daar is nog nie duidelikheid of die twee verdagtes wat in verband met die moord op Hendrik Pieter Pieterse (57) van Afguns naby Lephalale gearresteer is fisies by sy moord betrokke was en of hulle net in die buit gedeel het nie. Oud-polisiekolonel, Sakkie Lourens van die Heritage Protection Group, HPG, sê hy en sy span hoop om binnekort nog arrestasies in verband met dié moord te maak.

Pieterse is volgens polisiewoordvoerder, Brig. Motlafela Mojapelo, Maandag in die vroeë oggendure in sy huis op die plaas, Fourieskloof, oorval. Hy is met 'n swaar voorwerp aangerand en sy aanvallers het vermoedelik met sy wit Isuzu bakkie van die toneel af gevlug.

HPG, 'n groep polisie reserviste wat die polisie bystaan, het tesame met die SAPS, die drie verdagtes positief verbind met die aanval op Pieterse. Daar is beslag gelê op die voertuig wat hulle na die toneel vervoer het.

HPG het die Lephalale Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) bedank vir hul bystand met die saak. Die GPF het intussen hul hartseer en woede uitgespreek oor die plaasaanval. "As gemeenskap spreek ons ons ten sterkte uit teen geweldadige, gewetenlose aanvalle op ons gemeenskap," het hulle of Facebook geskryf en genoem dat elke werkgewer wat vermoor word, werknemers sonder inkomste nalaat.

"We are chipping away at our humanity, trust and possibilities as a Nation and that may be the biggest danger to us all," het hulle geskryf, "Rest in peace, Mr Pieterse."

Die Lephalale gemeenskap is diep bekommerd oor die gereelde voorkoms van plaasaanvalle in die Afguns-omgewing. In Oktober verlede jaar is die bejaarde Poem Lampbrecht en sy vrou, Kotie op op hulle plaas in dieselfde omgewing aangeval.

In Januarie 2015 is Susan Kotze ook op Afguns aangeval en vermoor. Haar moordenaar is later in Northam gearresteer en is in die Modimolle streekshof skuldig bevind op aanklag van moord. Hy is tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die twee mans wat in verband met die moord op Pieterse gearresteer is in die Shongoane-omgewing aangekeer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube