<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tweede kans vir Zebediela Sitrus Landgoed?

 
News : 14 Feb 2017 473 Viewed By NoordNuus reporter 0

ZEBEDIELA - 'n R100-miljoen inspuiting vir Zebediela Sitrus buite Mokopane het hoop laat opvlam dat die landgoed binnekort weer winsgewend bedryf sal word. Die belegging sal deur 8 Mile gedoen word nadat 'n beleggingsooreenkoms tussen die maatskappy en die Bjatladi eienaarsvereniging aangegaan is.

Volgens 'n berig in die Polokwane Observer het Tumi Mokwena ('n prokureur wat ook al namens EFF leier, Julius Malema, opgetree het) die transaksie in Januarie met 8 Mile beklink. 8 Mile is 'n sustersmaatskappy van Fruitco Bpk. Die transaksie behels 'n 25 jaar huurooreenkoms tussen 8 Mile en die Bjatladi-gemeenskap asook 50% winsdeling. 8 Mile gaan ook miljoene in bedryfskapitaal bekikbaar stel vir die boerdery.

Die belegging sal oor die volgende vyf jaar aangewend word om sitrusbome te plant, die besproeiingsstelsels te verbeter en om die bestaande pakhuis te meganiseer.

Die Zebiedela Sitrus landgoed is sedert 2015 in die nuus nadat diie Bjatladi's Mokwena beskuldig het dat hy hulle landgoed gekaap het. Die landgoed, wat in die 1980s een van die grootste sitrus produsente in die Suidelike halfrond was, is in 2013 na 'n suksesvolle restitusie eis aan die Bjatladi-gemeenskap oorhandig.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube